Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, wat in 2019 ’n graad 12-leerder was, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers bespreek hoedat elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. |
Versreëls
- Enkele reël van ’n gedig: versreël
- Aantal reëls bymekaar: strofe
- Koeplet: 2 reëls
- Tersine: 3 reëls
- Kwatryn: 4 reëls
- Kwintet: 5 reëls
- Sekstet: 6 reëls
- Oktaaf: 8 reëls
Titel:
- Sleutel tot inhoud.
- Ondersteun die kern.
- Vat die kerngedagte saam.
Subtitel:
Onderafdeling wat onder die titel verskyn.
Motto:
- Aanhaling of gedeelte tussen die titel en die gedig.
- Kursief gedruk.
- Verskaf inligting en werp lig op die gedig.
Tipografie:
Die manier waarop die gedig gedruk is.
Leestempo:
Stadig of vinnig.
Enjambement:
Wanneer een versreël sonder enige leestekens in die volgende versreël oorgaan, sonder dat die gedagte verander.
Funksies:
- Versag die rym.
- Het ’n uitwerking op die tempo en die ritme.
- Bevorder vloeiendheid en suggereer beweging.
- Bindmiddel.
- Beklemtoon woorde.
Elisie:
Wanneer beklemtoonde lettergrepe/toonlose klinker weggelaat word om in die ritme van die gedig te pas.
Voorbeelde:
- Need’rig ipv nederig
- Toe’t ipv toe het
Funksies:
- Gebruik om in ritme te pas.
- Versterk ritme.
- Versnel tempo.
Rym:
Herhaling van eenderse klanke.
Halfrym:
- alliterasie: herhalende konsonante
- assonansie: herhalende vokale
Gedwonge assonansie: wanneer ’n klomp vokale die verloop van die leesproses vertraag.
- Eksplosiewe (plof-)klanke: skep atmosfeer.
- Frikatiewe (wrywende) klanke: tempo verstadig of sussende effek.
Posisie van rym:
- Beginrym: vrolik kyk hulle, olik vertrek hulle
- Binnerym/middelrym: in die duister lê ek en luister.
- Eindrym: en by die dans was daar geen lied, net die ou en helder verdriet.
Rymskemas:
- Paarrym: aabb
- Omarmende rym: abba
- Kruisrym: abab
- Gebroke rym: abc acb cbc
- Slagrym: aa aa
- Kettingrym: abc abc abc
Funksies van rym:
- Skep die atmosfeer of stemming.
- Klankversterkend.
- Verskaf ’n patroon.
- Dien as bindmiddel.
- Lê verbande tussen strofes.
- ’n Beklemtoningsmiddel: belangrike woorde word in rymposisies geplaas.
Rymdwang:
Dis soms moeilik om by ’n rymskema te bly. Woorde word dus verander om by die rymskema in te pas (bv "koue" raak "kou" om by "dou" te pas).
Beeldspraak:
Vergelyking: 2 sake word met mekaar vergelyk (soos, net soos en nes)
Metafoor: stel 2 sake wat met mekaar verband hou, gelyk aan mekaar (die skelm is ’n slang)
Personifikasie: gee menslike eienskappe aan nie-menslike dinge (die wind huil)
Antonomasia: ’n eienaam word as ’n soortnaam gebruik (Meneer is ’n Einstein)
Apostroof: om iemand/iets in sy afwesigheid aan te spreek.
Allegorie: ’n breek uitgewerkte metafoor of ’n reeks metafore wat ’n samehangende geheel vorm (drie loop in die pad: vraat, vrek en matig)
Gelykenis: ’n verhaal waarin mense optree en wat op ’n ernstige toon ’n verhewe godsdienstige waarheid of morele les illustreer (die verlore seun)
Fabel: ’n verhaal waarin diere of plante sprekend optree. Dit bevat gewoonlik ’n sedeles.
Stylfigure:
Antitese: twee uiterstes word direk aan mekaar gestel om dmv kontras te beklemtoon (die soet en die suur van die lewe)
Paradoks: skynbare teenstrydigheid, ’n dieper waarheid (stilbly is ook ’n antwoord)
Oksimoron (kontras): twee teenstrydighede word opsetlik direk langs mekaar geplaas (skoon vuilgoed; horende doof)
Ironie: wanneer iets spottend gesê word en die teenoorgestelde word bedoel
Sarkasme: jy sê iets spottend met die doel om seer te maak, maar jy bedoel wat jy sê
Insinuasie/innuendo: dit wat nie direk gesê word nie, maar wat tussen die lyne gelees kan word
Hiperbool: oordrywing, iets word vergroot om dit indrukwekkend te maak (hy het vannag nie ’n oog toegemaak nie)
Litotes: wanneer die waarheid verklein word om dit beter te laat klink (sakgeldjie = R20 000)
Eufemisme/versagting: ’n onaangename feit word minder onaangenaam voorgestel (die seun is vet – hy is plomp)
Repetisie (herhaling): slaan, slaan, slaan is al wat jy doen.
Metonimia: wanneer twee sake verwant is en die een saak kry die naam van die ander (die ketel kook)
Sinekdogee: net die belangrikste deel word genoem terwyl die geheel bedoel word. (gee ons vandag ons daaglikse brood – lewensbehoeftes)
Polisindeton: herhaling van ’n voegwoord om ’n bepaalde effek te kry (appels en pere en piesangs ipv appels, pere en piesangs)
Asindeton: voegwoorde word weggelaat (hy sit, loop, draf)
Sinestesie: vermenging van twee of meer sintuie (silwer-sig / stemme-gehoor)
Inversie: omgekeerde woordorde
Ellips: stippels of beletselteken, weglatingspunt in ’n gedig – sin word onvoltooid gelaat (jy beter jou gedra, anders ...)
Funksie:
- ’n Deel word verswyg – aan leser se verbeelding oorgelaat.
- Ruspose.
- Vestig aandag.
- Skep ’n atmosfeer.
- Dui dramatiese kontras aan.
Woordspeling: wanneer ’n skrywer met die verskillende betekenisse van ’n woord speel (Engels: pun)
Klimaks: die hoogtepunt, spanning word geskep
Antiklimaks: daling in die spanning
Paralelisme: dieselfde gedagte word op twee maniere met geringe wysinging uitgedruk. Kom dikwels in die Bybel voor.
Retoriese vraag: ’n vraag waarop daar nie ’n antwoord verwag word nie
Retoriese uitroep: ’n gevoel word hartstogtelik uitgeroep (skitterend, my vriend!)
Tema: boodskap, lewensles of lewenswaarheid
Wending: verandering/ommekeer in ’n gedig
Ritme: word geken deur die beweging. Een van die uitstaande kenmerke van ’n gedig.
Metrum: patroonmatige opeenvolging van beklemtoonde en onbeklemtoonde klankgrepe
Letterlike betekenis: iets wat werklik is
Figuurlike betekenis: nie die werklike betekenis nie (sy gee haar hart vir hom)
Progressie: vooruitgang en ontwikkeling, loop tot ’n klimaks. (kind – man – reus)
Regressie: agteruitgang (reus – man – kind)
Klanknabootsing: nabootsing van klanke en geluide (zoem, ritsel)
Simboliek: ’n konkrete verskynsel word ’n simbool wanneer daar ’n abstrakte of dieper betekenis is.
The post Skoolnotas: letterkunde-begrippe appeared first on LitNet.