Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 830

Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Foto-erkenning: https://pixabay.com/photos/cactus-eyes-book-pot-reading-1059633/

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dié taak hoef egter nie in ’n nagmerrie te ontaard nie. Dit is eintlik ’n heerlike projek wat leerders met ’n verskeidenheid vaardighede toerus, naamlik om navorsing te doen en terselfdertyd ’n belangstelling in letterkunde aan te kweek.

In die derde kwartaal word daar van leerders verwag om ’n literêre-navorsingstaak te voltooi. Onderwysers kan die taak opstel deur enige van die volgende literêre genres te gebruik: poësie (gedigte), prosa (roman of kortverhale), volksverhale of dramatekste. Sodoende word leerders aan ’n wye verskeidenheid literêre tekste, genres en skrywers blootgestel tydens die intermediêre en senior fase.   

Wat is die doel van hierdie taak?

Die Departement van Basiese Onderwys het die volgende doelwitte in gedagte:

  • Leerders moet leer hoe om navorsing oor ’n spesifieke onderwerp te doen.
  • Leerders moet leer hoe om ’n bronnelys op te stel.
  • Die taak fokus spesifiek op letterkunde om sodoende ’n belangstelling in en liefde vir letterkundige tekste te kweek.

Dit dien dus geen doel indien die ouer/voog die taak vir die leerder doen nie. Die leerder moet leer hoe om navorsing te doen. Boonop gaan hy of sy nuwe feite leer en oulike stories, dramatekste en/of gedigte lees.

Die taak bestaan uit drie komponente:

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Elke skool se navorsingstaak sal anders lyk, maar dieselfde leeruitkomste volg. Dit is ’n proses wat gevolg word. Eerstens moet die leerder ’n spesifieke onderwerp navors na gelang van ’n literêre teks, die skrywer van ’n literêre teks of ’n tema wat in die literêre teks voorkom.

Die skryfstuk word ingespan deur die skryf van ’n transaksionele teks soos ’n vriendskaplike brief, dialoog, dagboekinskrywing, gedig of e-pos waarin die leerder die navorsing wat in die eerste deel van die taak gedoen is, moet betrek.

Ten slotte gaan die leerder ’n mondelinge opdrag voltooi waarin hy of sy verslag lewer oor die navorsing wat gedoen is. Dit is dus een groot projek wat uit drie komponente bestaan. Die drie komponente sluit by mekaar aan om sodoende die navorsingsprojek te vorm.

 Help! Ek is in graad 5 en weet nie hoe om navorsing te doen nie.

Talle leerders (en ouers) raak dadelik moedeloos. Waar moet ek begin?

  1. Maak seker jy verstaan presies wat die onderwerp is wat jy moet navors. (Indien jy onseker is, vra jou onderwyser om die opdrag weer te verduidelik.)
  2. Soek geskikte tekste (bronne). Jy kan die internet raadpleeg of die bibliotekaris vra om jou te help. Vermy Wikipedia – daardie inligting is nie altyd korrek nie. Gebruik betroubare bronne soos LitNet se skrywersprofiele of gedrukte bronne (boeke) wat jy by die biblioteek kan uitneem.
  3. Sodra jy die inligting versamel het, moet jy dit aandagtig deurlees. Soek die feite of inligting wat op die onderwerp (tema) van jou navorsingstaak van toepassing is.
  4. Maak vir jouself ’n opsomming deur ’n spinnekopdiagram of tabel te teken en die inligting logies uiteen te sit.

Voorbeeld:

Opdrag: Ontwerp ’n plakkaat oor jou gunstelingskrywer. Berei ’n mondeling voor waarin jy die klas meer omtrent die skrywer vertel.

Stap 1: Navorsing. Ek soek inligting oor die skrywer Jaco Jacobs, want my gunstelingboek is My ouma is ’n rock-ster

Stap 2: Ek lees die skrywersprofiel op LitNet en ek herlees My ouma is ’n rock-ster

Stap 3: Ek identifiseer die belangrikste feite wat ek op my plakkaat wil aandui, asook die inligting wat ek in my mondelinge aanbieding met my klasmaats wil deel.

Stap 4: Ontwerp die plakkaat. (Dit is die lekker deel!)

Stap 5: Skryf en oefen die mondelinge aanbieding.

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Bronnelys

Jacobs, J. 2004. My ouma is ’n rock-ster. Pretoria: LAPA.

Terblanche, E. 2017. ATKV/LitNet Skrywersalbum: Jaco Jacobs (1980–). LitNet. https://www.litnet.co.za/jaco-jacobs-1980 (16 Augustus 2022 geraadpleeg).

  1. Maak seker jy teken al jou bronne in die bronnelys aan. Dit is belangrik sodat jou onderwyser kan sien waar jy die inligting vir jou navorsing gekry het. Jy gee ook erkenning aan diegene wie se navorsing jy raadpleeg deur die bron in jou bronnelys in te sluit.  

 Waar kry ek geskikte literêre tekste?

Besoek jou plaaslike biblioteek. Die internet is ’n vinnige en maklike manier om inligting vir navorsingsdoeleindes te kry, maar die plaaslike biblioteek is ’n ideale opsie indien jy nie toegang tot die internet het nie.

Die volgende twee boeke is spesiaal saamgestel vir die literêre-navorsingstaak en bevat ’n verskeidenheid tekste uit vier genres, naamlik poësie, drama, volksverhale en kortverhale.

  1. Die skool vir rampspoedige talente en ander skitterende stories (saamgestel deur Marieta Nel) – Afrikaans Huistaal (graad 4–7).
  2. Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories (saamgestel deur Marieta Nel) – Afrikaans Eerste Addisionele Taal (graad 4–7).

Die meeste openbare biblioteke het digbundels, kortverhaalbundels, dramatekste asook romans beskikbaar wat vir die taak gebruik kan word. Die volgende bronne is ook nuttig vir ouer leerders om inligting oor skrywers en/of hul literêre tekste asook literêre terme na te slaan:

Brink, AP. 1987. Vertelkunde: ’n inleiding tot die lees van verhalende tekste. Pretoria: Academica.

Cloete, TT (red). 1992. Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM Literêr.

Grové, AP. 1982. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Kaapstad: Nasou.

Nienaber-Luitingh, M en CJM Nienaber. 1977. Woordkuns: inleiding tot die literatuurstudie. Pretoria: Van Schaik.

Steenberg, DH. 1985. Tyd. In Cloete, TT, E Botha, C Malan (reds) 1985. Gids by die literatuurstudie. Pretoria: HAUM Literêr.

Van der Westhuizen, B. 2016 (1999). Perspektief op kinder- en jeugliteratuur. In Van Coller, HP (red) 2016. Perspektief en profiel, Deel 2. Pretoria: Van Schaik

Wybenga, G en M Snyman (reds). 2005. Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: ’n gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Pretoria: LAPA.

Hoe moet die bronnelys lyk?

Onthou:

  1. Die bronnelys word altyd alfabeties volgens die outeurs (skrywers) se vanne
  2. Indien jy die bronnelys tik, moet die boek se titel gekursiveer Indien jy dit skryf, moet jy die titel onderstreep.

Raadpleeg die volgende handleiding vir hulp om die verskillende soorte bronne korrek aan te dui:

Hier is ’n voorbeeld van ’n bronnelys.

Bronnelys

Jacobs, J. 2018. Dinge wat ek nie van skape geweet het nie. Pretoria: LAPA.

Neser, C. 2020. Absoluut Einstein. Kaapstad: Tafelberg.

Opperman, DJ. 1947. Heilige beeste. Kaapstad: Nasionale Pers.

Terblanche, E. 2017. ATKV/LitNet Skrywersalbum: Jaco Jacobs (1980–). LitNet.

https://www.litnet.co.za/jaco-jacobs-1980 (16 Augustus 2022 geraadpleeg). 

 

                    Hoe moet ek my bronne in die bronnelys aandui?

Jacobs, J. 2004. My ouma is ’n rock-ster. Pretoria: LAPA.

  1. Die skrywer se van gevolg deur ’n komma.
  2. Die skrywer se voorletter gevolg deur ’n punt.
  3. Die jaar waarin die boek verskyn (gepubliseer) is, gevolg deur ’n punt. (Kyk voor- of agterin die boek – die inligting vind ons op ’n bladsy wat die kolofon genoem word.)
  4. Die titel van die boek. Kursiveer die titel, of onderstreep die titel indien jy die inligting per hand skryf. Onthou om ’n punt aan die einde van die titel te skryf. 
  5. In watter stad is die uitgewer geleë? (Die uitgewer is die maatskappy wat die boek gepubliseer het, byvoorbeeld Human & Rousseau, LAPA, Penguin, Naledi, Protea of Tafelberg.) Daarna skryf jy ’n dubbelpunt.
  6. Skryf nou die naam van die uitgewer gevolg deur ’n punt.

Dit is hoe maklik dit is! Nou weet jy hoe om ’n bronverwysing te skryf en is jy net so slim soos ’n eerstejaarstudent.

 Waar kan ek definisies van literêre terme vind?

 In die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Afrikaans Huistaal is ’n lys met definisies van verskeie literêre begrippe wat jy kan raadpleeg.

Graad 4–6 (ble 107–15): Klik hier

Graad 7–9 (ble 132–9): Klik hier

 Watter webtuistes kan ek raadpleeg?

 

Nuttige (gratis) webtuistes om inligting oor Afrikaans te bekom:

·         LitNet (https://www.litnet.co.za)

·         Versindaba (https://versindaba.co.za)

·         Woorde wat weeg (http://joanhambidge.blogspot.com)

·         dbnl (https://www.dbnl.org)

·         Storiewerf (https://storiewerf.co.za)

·         Academia.edu (https://www.academia.edu)

·         VivA Afrikaans (https://viva-afrikaans.org)

·         Tydskrif vir Letterkunde (https://journals.assaf.org.za/tvl)

·         Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (https://www.savn.org.za/index.php/tydskrif-vir-nederlands-en-afrikaans)

·         Tydskrif vir Geesteswetenskappe (http://tgwsak.co.za)

·         Klaskameraad (https://klaskameraad.co.za)

·         WKOD Afrikaans Huistaal (https://wcedeportal.co.za/subjects/afrikaans-huistaal)

·         allegaartjie (http://allegaartjie.weebly.com/toetse.html)

·         Literêre terme en teorieë (http://www.litterm.co.za)

·         omteskryf (http://omteskryf.litnet.co.za)

·         Gewildste Afrikaanse gedigte (http://gewildstegedigte.litnet.co.za)

·         Gespierde Afrikaans (https://www.litnet.co.za/gespierde-afrikaans)

·         LitNet Akademies (Opvoedkunde) (https://www.litnet.co.za/category/akademies/litnet-akademies/litnet-akademies-opvoedkunde)

·         Notas, toetse en vraestelle (https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle)

·         LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (https://www.litnet.co.za/category/akademies/litnet-akademies/litnet-akademies-geesteswetenskappe)

 

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

The post Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9) appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 830

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>