Quantcast
Channel: Notas, toetse en vraestelle - LitNet
Viewing all 835 articles
Browse latest View live

Afrikaans-vraestelle vir graad 10: HT, EAT en TAT

$
0
0

Afrikaans Eerste en Tweede Addisionele Taal: Hersieningsvraestelle vir Graad 12

$
0
0

Afrikaans Huistaal: Hersieningsvraestelle vir Graad 12

$
0
0

Afrikaans EAT: Graad 8: Woordeskat en spelling

$
0
0

’n Prettige manier om woordeskat en spelling te toets vir Afrikaans EAT, graad 8

Daar is drie dokumente: Die eerste bevat die lys woordeskat (met vergunning van Hoërskool Westerford), die tweede die instruksies vir die onderwyser en die derde die leerder se kopie.

Klik hier om die skoolwoordeskat af te laai.
Klik hier om die onderwyserskopie af te laai.
Klik hier om die leerderkopie af te laai.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

The post Afrikaans EAT: Graad 8: Woordeskat en spelling appeared first on LitNet.

Kuberkelder: Graad 8-toetsvraestel vir Afrikaans HT

Kuberkelder: Graad 9-vraestel vir Afrikaans HT

Kuberkelder: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 1

Kuberklas: Afrikaans Huistaal, Graad 8, Skryfstuk


Vrae oor "Seun van my hart" deur Ingrid Jonker (Afrikaans Huistaal, graad 10)

Kuberklas: Afrikaans Huistaal, Graad 8, November 2014

$
0
0

Klik hier om Paul Roos Gimnasium se November 2014-vraestel vir Afrikaans Huistaal Graad 8 af te laai. Hier kan die memo afgelaai word.

Hierdie vraestel bevat die afdelings "Begripstoets en taal" en "Digkuns en roman".

Die vraestel is opgestel deur Hesti van der Mescht. Lees hier 'n onderhoud met haar.
 

The post Kuberklas: Afrikaans Huistaal, Graad 8, November 2014 appeared first on LitNet.

Nina en die funky eksperiment: Les-idees en werkkaarte vir die klaskamer

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 2, November 2014

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 1 en 2, September 2014

$
0
0

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 12, Mei 2015

Hersieningsvraestel: Afrikaans Huistaal, graad 8


Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir graad 12 (2015)

$
0
0

Matrikulante: hier is hulp. En graad elfs: volgende jaar is dit julle beurt – begin nou al met hersiening.

wiskunde_skole_wordcloud
Februarie/Maart 2015
, Nasionale Seniorsertifikaat

Wiskunde, Vraestel 1
Wiskunde, Vraestel 1, Memorandum

Wiskunde, Vraestel 2
Wiskunde, Vraestel 2, Memorandum


Junie/Julie 2015
, Nasionale Seniorsertifikaat

Wiskunde, Vraestel 1
Wiskunde, Vraestel 1, Memorandum

Wiskunde, Vraestel 2
Wiskunde, Vraestel 2, Memorandum
Wiskunde, Vraestel 2, Spesiale Antwoordboek


Nog Nasionale Seniorsertifikaat wiskunde-vraestelle:

 

LitNet is hier om te help. Maak 'n draai by die LitNet-KlasKamer vir Afrikaanse skolenuus.

 

The post Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir graad 12 (2015) appeared first on LitNet.

Rubriek: Wiskunde-eksamenhulp (intermediêre fase) vir ouers

$
0
0


Hoe help ek my kind in die intermediêre fase om vir die wiskunde-eksamen voor te berei?

wiskundevraestel_graad5Stap een: Oefen! Laai hier 'n wiskunde-vraestel en -memorandum vir Graad 5-leerders af. 

Stap twee: Lees die onderstaande rubriek deur Marise Oberholzer, propvol oorlewingswenke vir ouers.  


 

Dit is ’n bedrywige kwartaal vir huishoudings met kinders op skool. Dit is konserte, prysuitdelings, kooroptredes en afsluitings van al wat ’n komitee is. Terwyl die kinders nog volstoom besig is met al hierdie aktiwiteite, is ouers dikwels reeds bekommerd oor die naderende eksamen.

’n Leerarea waaroor ouers dikwels veral besorg is, is wiskunde. In leerareas waar kinders feite moet memoriseer, kan ouers met gemak vasstel of hul kind voorbereid vir die eksamen is al dan nie. Met wiskunde is dit egter anders. Kan ’n kind leer vir wiskunde? Of moet hulle bloot die werk verstaan? Tot watter mate kan ’n ouer sy kind bystaan as dit by wiskunde kom? Graag werp ek lig op die onderwerp.

Wiskunde is ’n leerarea wat, net soos ander leerareas, deeglike voorbereiding vereis. Ouers kan hulle kinders op die volgende wyse bystaan in hul voorbereiding vir die wiskunde-eksamen.

Een van die eerste aspekte waaraan ouers aandag kan gee, is om seker te maak dat kinders hul maaltafels ken. Die toepassing van maaltafels is in baie afdelings van wiskunde belangrik, en kinders wat hulle maaltafels ken en vinnig kan herroep, spaar baie tyd in vraestelle en maak minder onnodige foute.

Die volgende stappe kan gevolg word wanneer kinders nog nie hulle maaltafels ken nie:

  1. Tel gereeld in intervalle van 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11 en 12. Kinders wat met gemak in intervalle van 7 kan tel (bv 7; 14; 21; 28; 35; 42; ...), sal vinnig kan uitwerk hoeveel 4 x 7 is. 
  2. Identifiseer watter maaltafels problematies is en fokus daarop.
  3. Herhaal, herhaal, herhaal. Met elke keer wat ’n kind die antwoord van 8 x 5 moet uitwerk, is die kans beter dat hy dit op ’n volgende keer sal kan herroep.

Daar is baie aspekte van wiskunde wat geleer moet word, byvoorbeeld die name en eienskappe van twee- en driedimensionele vorms. Ook die betekenis van terme soos veelvoud, faktor en priemgetal moet geleer word. Ouers kan toesien dat hul kinders hierdie leerwerk ken.

Wiskunde moet ook ingeoefen word. Om net deur die handboek en oefenboek te blaai, is onvoldoende. Metodes en voorbeelde kan eenvoudig lyk wanneer ’n mens net daarna kyk, maar kan ’n uitdaging wees om self te doen.

Ouers voel dikwels dat hulle ekstra oefenboeke moet aankoop om te help met die eksamenvoorbereiding. Dit is egter nie nodig nie. Die wiskundehandboek en die oefenboek waarin daar in klastyd gewerk word, is voldoende. Hierdie bronne kan as volg aangewend word:

  1. Die meeste handboeke bied verduidelikings en voorbeelde van die tipe somme wat in die klas gedoen word. Dit kan ouers help om die metodes te verstaan wat gevolg word.
  2. In die oefenboek kan ’n ouer sien tot watter mate die kind die werk bemeester het.
  3. Ouers kan ’n opsomming maak van die foute wat begaan is. Hierdie voorbeelde kan dan weer op ’n volgende geleentheid vir die kind gegee word om te doen om seker te maak dat hy dit nou onder die knie het.
  4. Om seker te maak dat hul kind alle metodes kan toepas, kan ouers ’n paar somme uit elke oefening gee om te doen en dan die oefenboek as memorandum gebruik. Dit is belangrik dat kinders die somme weer uitwerk. Dit dien as vaslegging. Slegs as kinders weer die voorbeelde uitwerk, sal hulle weet of hulle steeds die metodes onthou en kan toepas.

Toetse wat gedurende die jaar geskryf is, is ook ’n waardevolle bron. Kinders kan weer daardie vraestelle uitwerk vir vaslegging en fokus op foute wat gemaak is, om soortgelyke foute in die eksamen te voorkom.

’n Kind wat deeglik vir die wiskunde-eksamen voorberei het, pak die vraestel gewoonlik met ’n geruste hart en met selfvertroue aan. Dit is dus die moeite werd om nou stelselmatig deur die jaar se wiskunde te werk.

LitNet is hier om te help. Maak 'n draai by die LitNet-KlasKamer vir Afrikaanse skolenuus.

 

The post Rubriek: Wiskunde-eksamenhulp (intermediêre fase) vir ouers appeared first on LitNet.

Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 5, intermediêre fase)

Wiskunde-eksamenhulp (graad 7 – 11) vir leerders

$
0
0

wiskunde_wolkie_nommersDie eksamen begin eersdaags. Wiskunde bly nou maar ‘n baie belangrike leeraea. Veral deesdae, waar prestasie in wiskunde ‘n voorvereiste vir die meeste studierigtings is. Daarom sal die punte wat jy vir wiskunde behaal waarskynlik met arendsoë dopgehou sal word.

Die goeie nuus is dat sukses in wiskunde nie net vir ‘n uitverkore groepie mense is nie. Daar is baie wat jy kan doen om seker te maak dat jy jou wiskunde vraestel met selfvertroue kan aanpak. Hiermee ‘n paar wenke:

• Wiskunde is ‘n leerarea waarvoor jy baie goed moet voorberei. Om die middag voor die vraestel deur jou boeke te blaai, is ‘n strategie wat jy nie eers moet oorweeg nie. Om suksesvol in wiskunde te wees, moet jy oefen! Daar is ongelukkig geen kortpad nie. 

• Indien jy nog nie met hersiening vir jou wiskunde vraestelle begin het nie, begin vandag. Spandeer elke dag ten minste dertig minute net aan wiskunde hersiening. Ek stel voor dat jy jou selfoon vir daardie tyd wegsit of afskakel sodat jy ononderbroke kan konsentreer.

• Werk stelselmatig deur al die inhoudsareas waaroor jy eksamen skryf. Begin by die inhoudsareas wat die grootste uitdaging vir jou inhou om seker te maak dat jy genoeg tyd hieraan afstaan.

• Leer eers die teorie, reëls en formules van ‘n inhoudsarea. Doen dan die oefeninge wat julle in die klas gedoen het. Hou die antwoorde toe wanneer jy die oefeninge doen. So maak jy seker dat jy weet hoe om soortgelyke voorbeelde in die eksamen aan te pak.

• Let veral op die foute wat jy in oefeninge en toetse gemaak het. Maak seker dat jy nie hierdie tipe foute in die eksamen herhaal nie.

• Maak ‘n lys van aspekte waaroor jy onseker voel en vra jou onderwyser of dalk ‘n klasmaat om dit vir jou te verduidelik. Onthou, jy is verantwoordelik vir jou wiskunde prestasie en daarom moet jy seker maak dat jy al die werk kan doen.

• Probeer ook om vraestelle of ekstra oefeninge in studiegidse te doen. Hoe meer voorbeelde jy van ‘n sekere inhoudsarea uitwerk, hoe beter is die kans dat jy soortgelyke voorbeelde suksesvol sal aanpak, of selfs dieselfde vraag in die eksamen sal kry. Maak seker dat jy die antwoorde van hierdie vraestelle of oefeninge het, of dat iemand dit vir jou kan merk, anders mors jy net jou tyd.

• Dit is dikwels baie effektief om ‘n studiegroep te stig en saam vraestelle uit te werk. ‘n Mens leer nogal baie by mekaar. Kies dan die lede met goeie oordeel, sodat julle nie mekaar se tyd mors met tydige en ontydige koffiebreke of onderbrekeings nie.

• Maak seker dat jy presies weet hoe om die funksies op jou sakrekenaar te gebruik. Indien jy goed vertroud is met jou sakrekenaar, sal jy tyd in die vraestel spaar en akkuraat werk.

• Moenie die aand voor die vraestel te laat gaan slaap nie. Die ideaal is dat jy die vraestel uitgerus en met ‘n helder verstand aanpak.

• Al die ure wat jy voor jou wiskunde boeke deurbring sal die moeite werd wees. Die belangrikste is egter dat jy positief oor wiskunde sal wees. Dit is teenproduktief om vir jouself te sê dat die werk moeilik is of dat wiskunde sleg is. Pak hierdie eksamen met ‘n positiewe, hardwerkende gesindheid aan.

Studiegidse met sinvolle oefeninge en volledige antwoorde:

 

The post Wiskunde-eksamenhulp (graad 7 – 11) vir leerders appeared first on LitNet.

Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir Graad 12 (2009–2010)

$
0
0

Matrikulante: hier is hulp. En graad elfs: volgende jaar is dit julle beurt – begin nou al met hersiening.

wiskunde_skole_wordcloud

November 2009, Nasionale Seniorsertifikaat

Wiskunde, Vraestel 1
Wiskunde, Vraestel 1, Memorandum (slegs in Engels beskikbaar)

Wiskunde, Vraestel 2
Wiskunde, Vraestel 2, Memorandum (slegs in Engels beskikbaar)

November 2010, Nasionale Seniorsertifikaat

Wiskunde, Vraestel 1
Wiskunde, Vraestel 1, Memorandum

Wiskunde, Vraestel 2
Wiskunde, Vraestel 2, Memorandum


Nog Nasionale Seniorsertifikaat wiskunde-vraestelle:

 

LitNet is hier om te help. Maak 'n draai by die LitNet-KlasKamer vir Afrikaanse skolenuus.

 

The post Wiskunde: Hersieningsvraestelle vir Graad 12 (2009–2010) appeared first on LitNet.

Viewing all 835 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>