Quantcast
Channel: Notas, toetse en vraestelle - LitNet
Viewing all 853 articles
Browse latest View live

Skoolnotas: Afrikaanse taalbegrippe

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, wat in 2019 ’n graad 12-leerder was, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers bespreek hoedat elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

Begrippe

Akuut: é

Gravis: è

Homonieme: woorde wat dieselfde klink en dieselfde spelling het, maar die betekenis verskil omdat die herkoms verskil.

Homofone: klankverwante woorde – klink eenders, maar spelling en betekenis verskil.

Doeblette: vorme van dieselfde woord. (twak; tabak)

Sinonieme: woorde met min of meer dieselfde betekenis. (mooi; pragtig)

Antonieme: teenoorgesteldes. (groot; klein)

Paronieme: stamverwante woorde. (verstel; herstel; bestel)

Letterlik (denotatief): woordeboekbetekenis

Leksikale betekenis (eksplisiete betekenis): duidelik en direk, objektief

Figuurlik (konnotatief): geïmpliseerde/verskuilde betekenis

Emosionele betekenis: sarkasme

Vooroordeel/partydigheid: wanneer kant gekies word en een party bevoordeel word.

Stereotipes: uitbeelding van ’n tipe persoon/groep.

Gevoelstaal: ontlok sterk gevoelens. 

Oorredende taal: advertensies – word subtiel gedwing om dit te koop.

Manipulerende taal: flikflooi, en om mense te oorreed.

Assimilasie: die invloed van naburige klanke op mekaar. ’n klank word beïnvloed en neem ’n ander klankwoord aan. (anders = aners)

Letteruitspraak: wanneer ’n woord uitgespreek word soos dit gespel word.

Vokaalreduksie: ’n klinker in ’n onbeklemtoonde lettergreep word verswak tot ’n neutrale vokaal. (maar = mar)

Metatesis: klankverspringing (persent; present)

Morfeme: kleinste betekenisvolle deeltjies in Afrikaans. Het slegs ’n betekenis saam met ’n ander woord, indien dit alleen staan het dit geen betekenis nie. (be-; -ing)

Premorfeme: voor ’n woord. (geleer)

Postmorfeme: na ’n woord. (leerling)

Metamorfeem: hou verband met klankverwisseling. (leer; lêer)

Sentrale/swewende morfeem/basisvorm: stam

Simpleks: ’n woord wat slegs uit een stam bestaan.

Kompleks: ’n woord wat uit een of meer stamme en morfeme bestaan.

Samestelling: die samevoeging van twee of meer stamme met of sonder ’n verbindingsklank.

Afleiding: ’n woord gevorm met ’n afleidingsmorfeem.

Verbindingsklank: verbind slegs stamme.

Spellingspartikel: verdubbelling van die konsonant ter wille van spelling. Vorm nie deel van die morfeem nie.

Klanknaboorsing: klanke word nagemaak.

Kontaminasie: twee betekenisse word saamgevoeg – die een kontamineer (besmet) die ander. (aangaan + betref = aanbestref)

Toutologie: een woord – albei woorde het dieselfde betekenis (kabeltou; kweekgras)

Pleonasme: twee of meer woorde na mekaar waarvan die betekenis dieselfde is. (ronde sirkel; dooie lyk)

Argaïsme: verouderde vorm van ’n woord wat nie meer gebruik word nie. (snuiter = klein kind)

Taalfossiele: verouderde vorme van woorde wat steeds gebruik word. (dis te hope = hoop iets gebeur)

Neologisme: nuwe woorde in die taal. 

Ontronding: wanneer die lippe nie genoeg gerond is nie en ’n woord platter as gewoonlik uitgespreek word.

Oorronding: wanneer die lippe te veel gerond word en ’n woord ronder as gewoonlik uitgespreek word.

Polisemie (funksiewisseling): die skool kom uit – die skool kom nie uit nie, die leerders kom uit.

Vokale: klinkers

Konsonante: medeklinkers

Emotiewe woorde: woorde met ’n emosionele betrekking.

Selfstandige naamwoorde: [s.nw.]

  • Kan meervoude kry.
  • Kan verkleining kry.
  • Kan geslag vorm.
  • Kan ’n lidwoord vooraan sit.
  • Staan dikwels as ’n onderwerp of ’n voorwerp.
  • 6 tipes:
  • Soortnaam: kry meervoude en verkleining, is tasbaar en lidwoorde (’n/die) kan bygevoeg word. (man, motor, boek)
  • Eienaam: begin altyd met ’n hoofletter, dis die spesiale name waarmee mense, dinge, plekke  of produkte uniek geïdentifiseer word.
  • Abstrakte s.nw: is nie konkreet nie, dikwels gevoelens. (-isme, -skap, -heid, -teit, -uur, -asie)
  • Versamelname: ’n vaste uitdrukking wat groepe aandui. (stoet bedelaars, boord bome, paneel dokters)
  • Massanaam/stofnaam: soortname wat nie getel kan word nie. (sand, water, heuning, goud, koffie)
  • Maatname: soortname wat inhoud bevat, word dikwels saam met massaname gebruik. (’n koppie koffie)

Voornaamwoorde: [vnw.]

  • Persoonlike voornaamwoord: vervang s.nw. (dit, daaruit, sy, hy)
  • Onpersoonlike voornaamwoord: natuurlike verskynsels. (dit, daar)
  • Besitlike voornaamwoord: dui besitter aan. (syne, haar, my)
  • Betreklike voornaamwoord: dui betrekking of verhouding aan. (wat, waarvan, van wie, waarin, waarop)
  • Vraende voornaamwoord: vra ’n vraagsin. (wie, wat, waarom, waar, hoe, hoekom, waarom)
  • Onbepaalde voornaamwoord: nie spesifiek nie. (’n mens, die mens, niemand, iemand, hulle, jy, niks, iets, diegene)
  • Aanwysende voornaamwoord: verwys na ’n spesifieke saak. (dié, hierdie, sulke)
  • Wederkerende voornaamwoord: onderwerp en voorwerp is dieselfde. (hy bekommer hom; jy misgis jouself)
  • Wederkerige voornaamwoord: (mekaar, die een, die ander)

Telwoorde:

 

Hooftelwoord 

Rangtelwoord 

Bepaald 

Vyf, tagtig, een

Eerste, sesde, honderdste

Onbepaald 

Talle, weinig, min, baie

Laaste, middelste. soveelste

Byvoeglike naamwoorde: (b.nw.)

  • Vertel meer van die s.nw.
  • Kan attributief (voor) of predikatief (na) die s.nw. wees.
  • Besit intensiewe vorm.
  • Het trappe van vergelyking.
  • Verbuiging (vinnige)

Lidwoorde:

  • Bepaalde lidwoord: die
  • Onbepaalde lidwoord: ’n

Werkwoorde: (ww.)

  • Handeling/aksie
  • Tyd word aangedui
  • Selfstandige werkwoord: kan alleen staan, teenwoordige tyd. (loop, slaap, sit, drink) 

Oorganklike werkwoord: word deur ’n direkte voorwerp gevolg. (ek skop die hond)

Onoorganklike werkwoord: word nie deur ’n voorwerp gevolg nie. (sy skryf lelik)

  • Hulpwerkwoord: help om tyd te verander.
  • Word altyd saam met ’n selfstandige werkwoord gebruik
  • Tyd: het, sal.
  • Vorm: is, word.
  • Wyse: kan, wil, moet, mag
  • Koppelwerkwoord:
  • Kan nie selfstandig optree nie.
  • Lyk, blyk, skyn, heet, was
  • Deeltjiewerkwoord/skeibare werkwoord:
  • Bestaan uit twee dele.
  • Klem val op die eerste deel.
  • Onskeibare werkwoord:
  • Saamgestelde werkwoord waarvan dele nie geskei kan word nie.
  • Wederkerende werkwoord
  • saam met wederkerende vnm. 
  • (hy vererg hom; sy verbeel haar)
  • Infinitief: nie ’n werkwoord nie, word ingelei deur “om te”. (om te swem)

Bywoorde:

Vertel meer van die werkwoord en byvoeglike naamwoord.

  • bywoord van tyd: wanneer
  • bywoord van plek: waar
  • bywoord van wyse: hoe
  • bywoord van graad: hoe baie
  • bywoord van modaliteit: die res (mos, niks)

Deelwoorde: 

  • Verlede:
    • Swak: ge-...-te of ge-...-de
    • Sterk: ge-...-e
  • Teenwoordige:
    • Eindig op –end(e)

Voorsetsels:

  • Verhoudingswoorde
  • Dui plek aan

Voegwoorde:

  • Tussen twee sinne

Tussenwerpsel:

  • Uitroep wat ’n emosie aandui.

The post Skoolnotas: Afrikaanse taalbegrippe appeared first on LitNet.


Skoolnotas: Afrikaans (taalkunde)

$
0
0

 

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

Werkwoorde en deelwoorde

Selfstandige werkwoorde: 

Staan alleen as die gesegte van ’n sin of bysin en dra volledige betekenis oor.

Bv. Donkies wei in die veld.

Koppelwerkwoorde:

Staan ook alleen as die gesegde van ’n sin, maar dra nie ’n volledige betekenis oor nie. Moet aan ’n naamwoord gekoppel word.

Bv. Die donkie lyk gelukkig.

Hulpwerkwoorde:

Vorm saam met die selfstandige werkwoord die gesegde van ’n sin. (hulpwerkwoord van tyd, wyse en plek)

Deeltjiewerkwoord:

Selfstandige werkwoord wat uit ’n deeltjie en ’n werkwoord bestaan.

Bv. af+tree = aftree

Deelwoorde:

Word soos volg verdeel:

  • Teenwoordige deelwoorde:

Word gevorm deur die werkwoord en die agtervoegsel -de of -end of -ende

Bv. balkende, etende, staande.

  • Swak verlede deelwoord: word gevorm deur die werkwoord en die voorvoegsel ge- en die agtervoegsel -te of -de.

Bv. gesnyde

  • Sterk verlede deelwoord: word gevorm deur ’n werkwoord en die voorvoegsel ge- en die agtervoegsel -e, plus klinkerwisseling.

Bv. ge+breek+e= gebroke

Byvoeglike naamwoorde (trappe van vergelyking) 

Byvoeglike naamwoorde kan trappe van vergelyking hê.

Stellende trap

Vergrotende trap

Oortreffende trap

skeef

skewer

skeefste

Onthou: Dit is die reël om -er en -ste te gebruik om die vergrotende trap aan te dui; “meer” en “mees” word hoofsaaklik gebruik vir meerlettergrepige naamwoorde wat op -e eindig. Bv. ontspanne

Stelsinne, die ontkenning

’n Stelsin maak ’n stelling en word met ’n punt afgesluit.

Die ontkennende vorm word meestal deur 2 onkenningswoorde aangedui.

Partydigheid, vooroordeel, stereotipering

Partydigheid: 

’n Houding waarvolgens iemand kant kies en ’n ander persoon of saak onregverdig of subjektief ondersteun of bevoordeel.

Vooroordeel: 

’n Vooropgestelde oordeel of mening wat nie op werklike ervaring of kennis berus nie. Dit kan ’n onredelike of onlogiese voorkeur of afkeur van iets behels.

Stereotipering: 

Oorvereenvoudigde uitbeelding van ’n tipe persoon of groep asof almal dieselfde is.

Hoofwerkwoorde

Daar is twee soorte hoofwerkwoorde: selfstandige- en koppelwerkworde.

Selfstandige werkwoorde: 

Staan alleen as die gesegde van ’n sin of bysin en dra volledige betekenis oor.

Koppelwerkwoorde:

Staan ook alleen as die gesegde van ’n sin, maar dra nie ’n volledige betekenis oor nie. Moet aan ’n naamwoord gekoppel word.

Teenwoordige en verledetyd
  • Die teenwoordigetydsvorm dui handelinge aan wat nou plaasvind. Dit is die werkwoord in sy eenvoudigste vorm.
  • In die verledetydsvorm het die handeling klaar plaasgevind.
Soorte sinne

Stelsin:

Maak ’n stelling en eindig met ’n punt.

Bevelsin:

Gee ’n opdrag en eindig dikwels met ’n uitroepteken.

Vraagsin: 

Stel ’n vraag en eindig met ’n vraagteken.

Uitroepsin:

Bevat ’n uitroep en eindig met ’n uitroepteken.

Enkelvoudige en saamgestelde sinne

Enkelvoudige sinne:  

Het net een gesegde (werkwoord).

Saamgestelde sinne: 

Meer as een gesegde en bestaan uit ’n hoofsin en minstens een bysin.

Byvoeglike naamwoorde

’n Byvoeglike  naamwoord beskryf ’n selfstandige naamwoord.

Die kronkelende rivier: attributiewe byvoeglike naamwoord genoem, want dis voor die selfstandige naamwoord.

Die meisie is mooi: predikatiewe byvoeglike naamwoord genoem, want dit kom voor die selfstandige naamwoord.

Voegwoorde

Voegwoorde voeg of verbind woorde.

Homonieme en homofone

Homonieme is woorde wat dieselfde gespel en uitgespreek word, maar dit het verskillende betekenisse.

Homofone is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar dit word verskillend gespel en dit het verskillende betekenisse.

Bywoorde van tyd, plek en wyse

Bywoorde beskryf gewoonlik die werkwoord (gesegde).

Bywoord van tyd: wanneer?

Bywoord van plek: waar?

Bywoord van wyse: hoe?

Wanneer daar meer as een bywoord in ’n sin is, is die volgorde soos volg: tyd, dan wyse, dan plek.

The post Skoolnotas: Afrikaans (taalkunde) appeared first on LitNet.

Skoolnotas: letterkunde-begrippe

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, wat in 2019 ’n graad 12-leerder was, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers bespreek hoedat elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Versreëls

  • Enkele reël van ’n gedig: versreël
  • Aantal reëls bymekaar: strofe
  • Koeplet: 2 reëls  
  • Tersine: 3 reëls
  • Kwatryn: 4 reëls
  • Kwintet: 5 reëls
  • Sekstet: 6 reëls   
  • Oktaaf: 8 reëls

Titel:

  • Sleutel tot inhoud.
  • Ondersteun die kern.
  • Vat die kerngedagte saam.

Subtitel:

Onderafdeling wat onder die titel verskyn.

Motto:

  • Aanhaling of gedeelte tussen die titel en die gedig.
  • Kursief gedruk.
  • Verskaf inligting en werp lig op die gedig.

Tipografie:

Die manier waarop die gedig gedruk is.

Leestempo:

Stadig of vinnig.

Enjambement:

Wanneer een versreël sonder enige leestekens in die volgende versreël oorgaan, sonder dat die gedagte verander.

Funksies:

  • Versag die rym.
  • Het ’n uitwerking op die tempo en die ritme.
  • Bevorder vloeiendheid en suggereer beweging.
  • Bindmiddel.
  • Beklemtoon woorde.

Elisie:

Wanneer beklemtoonde lettergrepe/toonlose klinker weggelaat word om in die ritme van die gedig te pas.

Voorbeelde:

  • Need’rig ipv nederig
  • Toe’t ipv toe het

Funksies:

  • Gebruik om in ritme te pas.
  • Versterk ritme.
  • Versnel tempo.

Rym:

Herhaling van eenderse klanke.

Halfrym:

  • alliterasie: herhalende konsonante
  • assonansie: herhalende vokale

Gedwonge assonansie: wanneer ’n klomp vokale die verloop van die leesproses vertraag.

  • Eksplosiewe (plof-)klanke: skep atmosfeer.
  • Frikatiewe (wrywende) klanke: tempo verstadig of sussende effek. 

Posisie van rym:

  • Beginrym: vrolik kyk hulle, olik vertrek hulle
  • Binnerym/middelrym: in die duister lê ek en luister.
  • Eindrym: en by die dans was daar geen lied, net die ou en helder verdriet.

Rymskemas:

  • Paarrym: aabb
  • Omarmende rym: abba
  • Kruisrym: abab
  • Gebroke rym: abc acb cbc
  • Slagrym: aa aa
  • Kettingrym: abc abc abc

Funksies van rym:

  • Skep die atmosfeer of stemming.
  • Klankversterkend.
  • Verskaf ’n patroon.
  • Dien as bindmiddel.
  • Lê verbande tussen strofes.
  • ’n Beklemtoningsmiddel: belangrike woorde word in rymposisies geplaas.

Rymdwang:

Dis soms moeilik om by ’n rymskema te bly. Woorde word dus verander om by die rymskema in te pas (bv "koue" raak "kou" om by "dou" te pas).

Beeldspraak:

Vergelyking: 2 sake word met mekaar vergelyk (soos, net soos en nes)

Metafoor: stel 2 sake wat met mekaar verband hou, gelyk aan mekaar (die skelm is ’n slang)

Personifikasie: gee menslike eienskappe aan nie-menslike dinge (die wind huil)

Antonomasia: ’n eienaam word as ’n soortnaam gebruik (Meneer is ’n Einstein)

Apostroof: om iemand/iets in sy afwesigheid aan te spreek.

Allegorie: ’n breek uitgewerkte metafoor of ’n reeks metafore wat ’n samehangende geheel vorm (drie loop in die pad: vraat, vrek en matig)

Gelykenis: ’n verhaal waarin mense optree en wat op ’n ernstige toon ’n verhewe godsdienstige waarheid of morele les illustreer (die verlore seun)

Fabel: ’n verhaal waarin diere of plante sprekend optree. Dit bevat gewoonlik ’n sedeles.

Stylfigure:

Antitese: twee uiterstes word direk aan mekaar gestel om dmv kontras te beklemtoon (die soet en die suur van die lewe)

Paradoks: skynbare teenstrydigheid, ’n dieper waarheid (stilbly is ook ’n antwoord)

Oksimoron (kontras): twee teenstrydighede word opsetlik direk langs mekaar geplaas (skoon vuilgoed; horende doof)

Ironie: wanneer iets spottend gesê word en die teenoorgestelde word bedoel

Sarkasme: jy sê iets spottend met die doel om seer te maak, maar jy bedoel wat jy sê

Insinuasie/innuendo: dit wat nie direk gesê word nie, maar wat tussen die lyne gelees kan word

Hiperbool: oordrywing, iets word vergroot om dit indrukwekkend te maak (hy het vannag nie ’n oog toegemaak nie)

Litotes: wanneer die waarheid verklein word om dit beter te laat klink (sakgeldjie = R20 000)

Eufemisme/versagting: ’n onaangename feit word minder onaangenaam voorgestel (die seun is vet – hy is plomp)

Repetisie (herhaling): slaan, slaan, slaan is al wat jy doen.

Metonimia: wanneer twee sake verwant is en die een saak kry die naam van die ander (die ketel kook)

Sinekdogee: net die belangrikste deel word genoem terwyl die geheel bedoel word. (gee ons vandag ons daaglikse brood – lewensbehoeftes)

Polisindeton: herhaling van ’n voegwoord om ’n bepaalde effek te kry (appels en pere en piesangs ipv appels, pere en piesangs)

Asindeton: voegwoorde word weggelaat (hy sit, loop, draf)

Sinestesie: vermenging van twee of meer sintuie (silwer-sig / stemme-gehoor)

Inversie: omgekeerde woordorde

Ellips: stippels of beletselteken, weglatingspunt in ’n gedig – sin word onvoltooid gelaat (jy beter jou gedra, anders ...)
Funksie:

  • ’n Deel word verswyg – aan leser se verbeelding oorgelaat.
  • Ruspose.
  • Vestig aandag.
  • Skep ’n atmosfeer.
  • Dui dramatiese kontras aan.

Woordspeling: wanneer ’n skrywer met die verskillende betekenisse van ’n woord speel (Engels: pun)

Klimaks: die hoogtepunt, spanning word geskep

Antiklimaks: daling in die spanning

Paralelisme: dieselfde gedagte word op twee maniere met geringe wysinging uitgedruk. Kom dikwels in die Bybel voor.

Retoriese vraag: ’n vraag waarop daar nie ’n antwoord verwag word nie

Retoriese uitroep: ’n gevoel word hartstogtelik uitgeroep (skitterend, my vriend!)

Tema: boodskap, lewensles of lewenswaarheid

Wending: verandering/ommekeer in ’n gedig

Ritme: word geken deur die beweging. Een van die uitstaande kenmerke van ’n gedig.

Metrum: patroonmatige opeenvolging van beklemtoonde en onbeklemtoonde klankgrepe

Letterlike betekenis: iets wat werklik is

Figuurlike betekenis: nie die werklike betekenis nie (sy gee haar hart vir hom)

Progressie: vooruitgang en ontwikkeling, loop tot ’n klimaks. (kind – man – reus)

Regressie: agteruitgang (reus – man – kind)

Klanknabootsing: nabootsing van klanke en geluide (zoem, ritsel)

Simboliek: ’n konkrete verskynsel word ’n simbool wanneer daar ’n abstrakte of dieper betekenis is.

Skoolnotas: Afrikaans-taalbegrippe

The post Skoolnotas: letterkunde-begrippe appeared first on LitNet.

"Sonsverduistering" deur Rayno Mostert: ’n matrikulant se ontleding

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Sonsverduistering" af te laai.

The post "Sonsverduistering" deur Rayno Mostert: ’n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

"Safari" deur DJ Opperman: ’n matrikulant se ontleding

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Safari" af te laai.

The post "Safari" deur DJ Opperman: ’n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

"Die skedel lag al huil die gesig" deur Rayno Mostert: ’n matrikulant se ontleding

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Die skedel lag al huil die gesig" af te laai.

The post "Die skedel lag al huil die gesig" deur Rayno Mostert: ’n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

"Vroegherfs" deur NP van Wyk Louw: 'n matrikulant se ontleding

$
0
0

 

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Vroegherfs" af te laai.

The post "Vroegherfs" deur NP van Wyk Louw: 'n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

Malcolm Swan se diagnostiese toets vir desimale breuke (graad 8-standaard)

$
0
0

Amanda le Roux skryf artikels vir LitNet oor haar ervarings as wiskundeonderwyser. Lees dit hier:

Vir wiskundeonderwysers: Uit juffrou se wiskundedagboek 2 – met apologie aan Sita

In hierdie artikel verwys sy na ’n diagnostiese toets waarmee bepaal kan word wat die leerders in die klas se begrip van wiskunde is. Swan se diagnostiese toets is effektief om ’n wye spektrum van wanbegrippe oor desimale breuke by kinders bloot te lê. Hier is die toets en die memo om gratis af te laai:

Bronverwysing:

Swan, Malcolm. 1983. The meaning and use of decimals: calculator based diagnostic tests and teaching material. Shell Centre for Mathematical Education, Nottingham-universiteit.

The post Malcolm Swan se diagnostiese toets vir desimale breuke (graad 8-standaard) appeared first on LitNet.


Wiskunde vir graad 4’s: Oefentoets en memo vir die eerste kwartaal

Afrikaans Huistaal vir graad 12’s: Oefening en memo uit Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen

$
0
0

Martlie Jordaan se eksamenoefenboek vir graad 12-Huistaalleerders, Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen, het in Januarie 2020 by Best Books verskyn. Dié gebruikersvriendelike werkboek bevat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge om leerders met eksamenvoorbereiding te help. Daar is ook waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3. Worstelende én vooruitstrewende Huistaalleerders sal ongetwyfeld baat vind by die oefeninge en konsepvraestelle in die boek.

Om ’n idee te kry van hoe die boek onderwysers en leerders met die voorbereiding vir die eksamen gaan help, laai ’n lekker uittreksel met ’n hersieningsoefening en memorandum, wat deur Best Books beskikbaar gestel is, gratis hier af.

Oefening
Memorandum

 

Lees ook LitNet se onderhoud met Martlie:

Onderhoud: Martlie Jordaan oor Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen

The post Afrikaans Huistaal vir graad 12’s: Oefening en memo uit <em>Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen</em> appeared first on LitNet.

Wiskunde-oefenvrae en -antwoorde vir graad 4 tot 6: hulp vir leerders en onderwysers

$
0
0

Kobus Galloway se boeke ’n Wolf in skaapsklere en Net die oortjies van die seekoei bied uitstekende materiaal vir onderwysers om kreatief met lesse, toetse en vraestelle om te gaan. Dié boeke bevat illustrasies van Afrikaanse idiome en uitdrukkings. Kreatiewe onderwysers in enige vakgebied wat hul onderrigmateriaal interessant en prikkelend vir leerders wil aanbied, het in Galloway se boeke ’n onuitputlike bron van materiaal vir geïntegreerde oefeninge.

LitNet het Lee-Ann West gevra om wiskunde-oefeninge en -antwoorde gebaseer op Kobus Galloway se illustrasie van die idioom “Dit reën katte en honde” op te stel.

Laai die wiskunde-oefening (met vyftien vrae) en die memorandum hier af:

Oefening

Memorandum

 

Lees ook:

’n Wolf in skaapsklere: ’n Onderhoud met Kobus Galloway

Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway

The post Wiskunde-oefenvrae en -antwoorde vir graad 4 tot 6: hulp vir leerders en onderwysers appeared first on LitNet.

Graad 12, Eerste Addisionele taal: Taaloefening en -antwoorde gegrond op Kobus Galloway se idiome-illustrasie

$
0
0

Kobus Galloway se boeke ’n Wolf in skaapsklere en Net die oortjies van die seekoei bied uitstekende materiaal vir onderwysers om kreatief met lesse, toetse en vraestelle om te gaan. Dié boeke bevat illustrasies van Afrikaanse idiome en uitdrukkings. Kreatiewe onderwysers in enige vakgebied wat hul onderrigmateriaal interessant en prikkelend vir leerders wil aanbied, het in Galloway se boeke ’n onuitputlike bron van materiaal vir geïntegreerde oefeninge.

LitNet het Peet du Toit gevra om ’n geïntegreerde taaloefening vir graad 12 Eerste Addisionele taal op te stel – gebaseer op Kobus Galloway se illustrasie van die idioom “Die kalf is in die put”.

Laai die oefening (vyftien punte) en die memorandum hier af:

Oefening
Memorandum

Kry hier ’n wiskunde-oefening vir graad 4 tot 6-leerders:

Wiskunde-oefenvrae en -antwoorde vir graad 4 tot 6: hulp vir leerders en onderwysers

Klik hier vir ’n onderhoud met Kobus Galloway:

’n Wolf in skaapsklere: ’n Onderhoud met Kobus Galloway

The post Graad 12, Eerste Addisionele taal: Taaloefening en -antwoorde gegrond op Kobus Galloway se idiome-illustrasie appeared first on LitNet.

Graad 12, Eerste Addisionele taal: Taaloefening en -antwoorde gegrond op Kobus Galloway se idiome-illustrasie

$
0
0

Kobus Galloway se boeke ’n Wolf in skaapsklere en Net die oortjies van die seekoei bied uitstekende materiaal vir onderwysers om kreatief met lesse, toetse en vraestelle om te gaan. Dié boeke bevat illustrasies van Afrikaanse idiome en uitdrukkings. Kreatiewe onderwysers in enige vakgebied wat hul onderrigmateriaal interessant en prikkelend vir leerders wil aanbied, het in Galloway se boeke ’n onuitputlike bron van materiaal vir geïntegreerde oefeninge.

LitNet het Gera Oosthuysen gevra om ’n geïntegreerde taaloefening vir graad 12 Eerste Addisionele taal op te stel – gebaseer op Kobus Galloway se illustrasie van die idioom “Liewer dood as uit die mode”.

Laai die oefening (vyftien punte) en die memorandum hier af:

Oefening

Memorandum

 

Nog lesmateriaal:

Kry ook Peet du Toit se geïntegreerde taaloefening vir graad 12 Eerste Addisionele taal:

Graad 12, Eerste Addisionele taal: Taaloefening en -antwoorde gegrond op Kobus Galloway se idiome-illustrasie

En hier is ’n wiskunde-oefening vir graad 4 tot 6-leerders:

Wiskunde-oefenvrae en -antwoorde vir graad 4 tot 6: hulp vir leerders en onderwysers

 

Lees ook:

’n Wolf in skaapsklere: ’n Onderhoud met Kobus Galloway

Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway

 

 

The post Graad 12, Eerste Addisionele taal: Taaloefening en -antwoorde gegrond op Kobus Galloway se idiome-illustrasie appeared first on LitNet.

Woordeboek-oefening vir graad 10 Afrikaans Huistaal

Wiskunde met LitNet: graad 4 – maal en deel met driesyferheelgetalle


Wiskunde met LitNet: graad 5 – tweesyferheelgetalle

Besigheidstudies, graad 11: Stres- en krisisbestuur

$
0
0

Foto: Pixabay.com

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se notas oor stres- en krisisbestuur af te laai.

The post Besigheidstudies, graad 11: Stres- en krisisbestuur appeared first on LitNet.

"’n Brief van hulle vakansie" deur Breyten Breytenbach: ’n matrikulant se ontleding

$
0
0

Foto van brief: Unsplash.com

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van “’n Brief van hulle vakansie” af te laai.

The post "’n Brief van hulle vakansie" deur Breyten Breytenbach: ’n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

Graad 12: Ekonomie – Nasionale rekeninge

$
0
0

Foto: Pixabay.com

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se notas oor nasionale rekeninge af te laai.

The post Graad 12: Ekonomie – Nasionale rekeninge appeared first on LitNet.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

$
0
0

Klik op die onderstaande blokkies om na die betrokke afdeling te spring.

Wiskunde met LitNet: Priemgetalle- en bekendstellingsvideo

Wiskunde

 

Wiskunde

 

graad-3b

Algemeen

Wiskunde

 

graad-4b

Wiskunde

 

 

graad-5b

Afrikaans Huistaal

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Wiskunde

 

 

graad-6b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

 

 

graad-7b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

Sosiale Wetenskappe

Tegnologie

 

graad-8b

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

 

 

graad-9b

Algemeen

  • Departementele vraestelle: November 2016
    Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Skeppende Kunste, Lewensoriëntering, Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Sosiale Wetenskappe, Wiskunde

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

 

graad-10b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

Wiskunde Geletterdheid

Fisiese Wetenskappe

 

graad-11b

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Fisiese Wetenskappe

Rekeningkunde

Besigheidstudies

 

graad-12b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Engels Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

IsiXhosa Huistaal

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Rekeningkunde

Inligtingstegnologie

Fisiese Wetenskappe 

Lewenswetenskappe

Geskiedenis

Geografie

Visuele kunste

Verbruikerstudies

Ekonomie

Besigheidstudies

Inginieursgrafika

Siviele Tegnologie

Musiek

Drama

Landboutegnologie

Landboubestuurspraktyke

 

 

ander-materiaalb

Vir leerders

Vir ouers

Vir onderwysers

Vir verryking: Wiskunde-artikels deur Pieta van Deventer

Bygewerk op 3 April 2020.

The post Indeks: notas, toetse en vraestelle appeared first on LitNet.

Viewing all 853 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>