Best Books se Eksamenoefenboek vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal deur Aletha de Klerk is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van vrae in Vraestel 1 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taalleerder help om beter te vaar in die eksamen.
Image may be NSFW.
Clik here to view.Die eksamenoefenboek
- bevat taaloefeninge, ook met verduidelikings in Engels, gebaseer op ’n verskeidenheid tekstipes.
- is saamgestel volgens die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls
- bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens,
- sluit ’n konsepvraestel vir Vraestel 1 in.
- bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing. is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum en assesseringsbeleidsverklaring
- is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.
Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.
Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsit Store.
As toonaangewemde boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.
Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:
’n Taaloefening
Antwoorde op die vrae
The post Graad 12 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books appeared first on LitNet.