Image may be NSFW.
Clik here to view.
Internasionale vrouedag word sedert die vroeë 1900’s wêreldwyd gevier, nie net om op die prestasies van vroue te fokus nie, maar ook om te veg vir die gelyke regte van vroue. Alhoewel ons sedertdien groot vordering gemaak het, bly geslagsongelykheid wêreldwyd ’n groot probleem. Dit is ’n globale neiging dat vroue, wat meer as die helfte van die bevolking uitmaak, steeds onderverteenwoordig is.
In Suid-Afrika word Augustus as nasionale vrouemaand en 9 Augustus spesifiek as vrouedag gevier wanneer ons hulde bring aan die ongeveer 20 000 vroue wat aan die 1956-optog na die Uniegebou in Pretoria deelgeneem het om protes aan te teken teen die land se paswette.
Enige een kan hierdie blokraai op enige dag van die jaar geniet.
Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.
Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.
Hier is die antwoordstel.
As jy leidrade soek, loer hier.
The post LitNet-blokraai: Vrouedag appeared first on LitNet.