
Grafika deur ATDSPHOTO | Pixabay
Wat is dan die naam van die gevaar waarop ons so bedag moet wees, die monster wat ons tot elke prys moet probeer beveg? Kenners sê ons moet dit met ekstra groot letters in ons bewuste graveer: BESOEDELING! En dan moet ons nooit weer ophou om daarteen te baklei nie!
Besoedeling beteken doodeenvoudig die bevuiling of besmetting van die aarde – ons planeet se lug, sy grond, sy waters en selfs die waters onder die aarde (fontein- of putwater). Anders gestel: besoedeling is die nadelige uitwerking wat sekere stowwe op die natuurlike omgewing het. Sulke stowwe, wat in groot konsentrasies op bepaalde plekke gestort of uitgestrooi word, kan dinge wees wat nie natuurlikerwys voorkom nie, soos industriële en radioaktiewe afvalstowwe en insektedoders.
Die onderwerp is ernstig, maar deur met die feite te speel, neem ons die boodskap soveel makliker ter harte. Hierdie blokraai en anagram kan deur almal geniet word. Die interaktiewe weergawes het nie papier of ink nodig nie, dus is daar geen besoedeling nie!
Die gewone blokraai
Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.
Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.
Hier is die antwoordstel.
As jy leidrade soek, loer hier.
Die anagram
Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.
Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.
Hier is die antwoordstel.
The post LitNet-blokraai en -anagram oor besoedeling appeared first on LitNet.