Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 830

Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Rouxlyn Botha het ’n meestersgraad in Omgewingswetenskap cum laude behaal. Sy is passievol oor die natuur. Sy het al vir LitNet ’n paar Lewenswetenskappe-artikels geskryf. Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel. Al die foto’s in die teks is deur Rouxlyn Botha geneem en verskaf.

............
Die natuur bly ’n wonderlike verskynsel.
................

Laingsburg is bekend vir die 1981-vloed. Die watermassa het soveel skade aangerig dat daar selfs ’n museum gebou is om die vloed te herdenk. Laingsburg is egter in die Karoo, en die Karoo is eerder bekend daarvoor dat dit droog is. Nadat ons ’n paar dae daar onder ’n doringboom deurgebring het, begin ons verstaan presies hoe ongewoon hierdie vloed was.

Die Karoo is ’n semiwoestyn in die binneland van Suid-Afrika. Kenmerkend van hierdie ekostelsel is baie min reënval, baie warm somersdae en baie koue winternagte. Hier sny tuiniers nie die gras nie, maar hark eerder die klippies. Dit is ’n harde wêreld om in te oorleef. Die mense wat hier grootgeword hê, is oortuig daarvan dat hierdie omgewing daarop uit is om alles dood te maak. Tog sien ons ’n verrassende aantal plante en diere onder die doringboom – plante en diere wat spesifiek aangepas is om hier te oorleef.

........
Aanpassings maak dit vir organismes makliker om in hul omgewing te oorleef. As hulle nie by ’n veranderende omgewing kan aanpas nie, moet hulle weg trek of uitsterf. Daar is drie maniere waarop organismes aanpas: struktureel, funksioneel en deur middel van gedrag.
............

Aanpassings maak dit vir organismes makliker om in hul omgewing te oorleef. As hulle nie by ’n veranderende omgewing kan aanpas nie, moet hulle weg trek of uitsterf. Daar is drie maniere waarop organismes aanpas: struktureel, funksioneel en deur middel van gedrag. Strukturele aanpassings het te doen met fisiese kenmerke van organismes, die gedeeltes van hulle liggame wat op spesifieke maniere gevorm is. Gedragsaanpassings het natuurlik te doen met hoe ’n organisme sy gedrag of gewoontes verander om in ’n spesifieke omgewing te oorleef. Funksionele aanpassing het te doen met aangepaste maniere waarop lewensfunksies uitgevoer word en hou gewoonlik verband met die chemiese veranderinge in die liggaam van die organisme.

Daar was drie organismes wat vir my uitgestaan het in Laingsburg se veld. Hulle is so besonders aangepas en verdien om verder ondersoek te word.

Soetdoringboom

Natuurlik was die doringboom waaronder ons dae deurgebring het, ’n soetdoringboom. Hierdie bome is kenmerkend van die Karoo en was van onskatbare waarde vir die boere wat eerste in hierdie wêreld begin boer het.

Soetdoringbome het lang penwortelstelsels waarmee hulle water en nutriënte diep onder die grond kan bykom. Hulle was dus nog altyd ’n teken van die aanwesigheid van water en hierdie aanpassing help hulle om in die droë Laingsburg-omgewing te oorleef .

Die soetdoringboom is ook struktureel aangepas met baie klein blaartjies. Die blaaroppervlakke wat aan die son blootgestel is, is baie klein en die boom verloor dus nie baie water deur sy blare nie. Die soetdoringboom kan ook aanpas by sy omgewing deur bladwisselend of immergroen te wees. Bladwisselende bome verloor hul blare deur die winter en die soetdoringboom pas sy gedrag aan deur dit te doen in droë gebiede of gedurende ’n droogte. Dit verseker dat die boom nie onnodig water verloor deur sy blare nie. Wanneer dit weer gereeld reën, raak die boom weer immergroen en verloor nie sy blare nie.

Soetdoringbome het lang, skerp dorings. Dit is ’n strukturele aanpassing om die boom teen herbivore, wat sy blare wil eet, te beskerm. Jong bome, die laer takke van ouer bome, en bome wat in droër gebiede staan, het gewoonlik groter dorings omdat hulle meer aan herbivore blootgestel is.

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Soetdoringbome het lang dorings om hulle teen herbivore te beskerm

Wanneer die soetdoringboom se bas seergekry het, skei dit ’n gomagtige stof op die stukkende plek af. Dit is ’n voorbeeld van ’n funksionele aanpassing. Die gom help die wond om gesond te word en keer dat siektes die boom deur die wond aanval. Hierdie gom word soms gebruik om lekkers van te maak. Kinders is mal daaroor.

Die blomme van die soetdoringboom het baie nektar en stuifmeel en ruik baie lekker. Dit is ook funksionele aanpassings. Dit lok baie bye, wat help om die boom te bestuif sodat dit saadjies kan vorm om weer voort te plant.

Soetdoringbome is ook aangepas om veldbrande te weerstaan. Sodra die boom ouer as ’n jaar is, kan dit weer vanuit sy wortels uitspruit en verder groei, selfs al is al sy bogrondse takke en blare vernietig.

’n Laaste besonder funksionele aanpassing van soetdoringbome is dat die jong takkies dikwels rooi is. Hierdie aanpassing beskerm die boom teen herbivore. Bokke kan nie die rooi kleur raaksien nie, en is dan nie eens bewus van die lekker sappige jong blare wat hulle sou kon eet nie.

Koringkriek

’n Insek wat ons onder die doringboom raakgeloop het, is die koringkriek. Hierdie groot, grillerige gogga het al ’n menigte mense die skrik op die lyf gejaag, en is kenmerkend van Laingsburg en die Karoo.

Die koringkriek het sterk kake wat aangepas is om harde woestynplante en die vleis van dooie diere te eet. Hy sal ook sommer enige voël of akkedis wat hom probeer vang, byt. Hy kan ’n mens stukkend byt weens hierdie strukturele aanpassing.

Vir verdere selfverdediging kan hy ’n vloeistof genaamd hemolimf uitspuit wat kan brand as dit in jou oë kom. Hemolimf is soos die bloed van insekte, en dit proe en ruik baie sleg vir potensiële predatore van die koringkriek. Dit is ’n voorbeeld van ’n funksionele aanpassing.

Nog ’n strukturele aanpassing om die koringkriek teen predatore te beskerm is sy harde eksoskelet. Dit is die harde dop van die insek. Die koringkriek het ook kort, skerp stekels op sy eksoskelet. Dit sal enige akkedis vinnig afskrik as hy die stekels probeer hap.

’n Voorbeeld van gedragsaanpassings by die koringkriek is dat hy gedeeltes van sy lyf teen mekaar kan skuur om ’n onaardse geluid te maak. Net die mannetjies kan dit doen. Hierdie geluid kan predatore afskrik, maar help ook om wyfies te lok wanneer die koringkriek gereed is om te paar.

’n Verdere gedragsaanpassing vir oorlewing is dat hulle soms ander koringkrieke sal eet. Wanneer hulle ’n tekort aan sout en proteïene in hul liggame het, sal hulle ander koringkrieke wat dood of beseer is, begin eet om hierdie voedingstowwe in te kry.

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Die koringkriek is tuis in Laingsburg.

Aardvark

In die omgewing van die doringboom sien ons groot gate wat in die grond gegrawe is. Die gate is soms so groot dat ’n mens daar sal kan inklim. Hierdie gate is deur aardvarke gegrawe.

Aardvarke is struktureel aangepas met ’n lang tong en sterk kloue. Met hierdie lang tong kan hulle miere en termiete diep in hul neste vang. Hulle tonge het meer speekselkliere as ander diere s’n. Hierdie aanpassing sorg dat die tong taai bly sodat miere en termiete maklik daarmee opgelek kan word.

Met hulle sterk kloue kan hulle miershope oopbreek en ook gate grawe waarin hulle gedurende die warm dae skuil, of om van predatore af weg te kom. Aardvarke kan binne 10 minute ’n groot genoeg gat grawe om in weg te kruip vir leeus of hiënas. Hulle gebruik ook hulle sterk pote om te skop as hulle aangeval word. Die aardvark gaan lê op sy rug en kan groot skade aan die maagvel van ’n predator wat hom probeer aanval,  aanrig wanneer hy met sy pote en lang naels skop.

Aardvarke se gedrag is aangepas om naglewend te wees. So kan hulle deur die dag in hul koel gate slaap en in die nag, as dit koeler is buite, uitkom om hulle kos te soek.

Image may be NSFW.
Clik here to view.

Aardvarke skuil in gate onder die grond om van die warm son te ontsnap

Met hulle lang ore en snoete is aardvarke aangepas om beter te kan hoor en ruik. Omdat hulle deur die nag in die donker aktief is, gebruik hulle hul ore en snoete om te weet waarheen hulle gaan.

Hulle het ook digte hare rondom hulle neusgate, wat keer dat grond in hul neusgate kom wanneer hulle gate grawe.

Aardvarke het ’n dik, harde vel. Hierdie strukturele aanpassing beskerm hulle teen die termiete en miere wanneer dié hulle byt.

Hoe ontstaan hierdie aanpassings?

Een organisme kan nie op sy eie skielik homself aanpas om in ’n spesifieke omgewing te oorleef nie. Hierdie aanpassings gebeur oor ’n lang tydperk en binne die hele groep organismes. Die vinke van die Galapagos-eilande se bekke het oor ’n tydperk van 40 jaar aangepas by die tipe kos wat vir hulle beskikbaar was om te eet. Sulke aanpassings word ook natuurlike seleksie of mikro-evolusie genoem.

.........
Een organisme kan nie op sy eie skielik homself aanpas om in ’n spesifieke omgewing te oorleef nie. Hierdie aanpassings gebeur oor ’n lang tydperk en binne die hele groep organismes. Die vinke van die Galapagos-eilande se bekke het oor ’n tydperk van 40 jaar aangepas by die tipe kos wat vir hulle beskikbaar was om te eet. Sulke aanpassings word ook natuurlike seleksie of mikro-evolusie genoem.
..............

Binne ’n groep aardvarke is daar variasie. Party se tonge is langer as ander s’n. Die aardvarke met langer tonge kan meer miere vang om te eet. Hulle is dus gesonder en groter, omdat hulle meer kos kry. Hulle kry ook vinniger kleintjies, omdat hulle algehele liggaamstoestand beter is. Hulle lang-tong-gene het dus ’n groter kans om oorgedra te word na die nageslag. Die aardvarke met korter tonge sukkel om miere te vang en kry nie genoeg kos in nie. Hulle gaan gouer dood en kry ook nie baie kleintjies nie, omdat hulle sukkel om self te oorleef. Die kort-tong-gene het dus nie so ’n groot kans om oorgedra te word na die nageslag nie. Na ’n paar jaar het al die aardvarke met kort tonge uitgesterf en aardvarke met lang tonge het voortgeplant. Die hele aardvarkpopulasie het nou langer tonge en is aangepas om in ’n ekostelsel te oorleef waar miere in miershope die hoofvoedselbron is.

So is daar in elke tipe ekostelsel diere en plante wat aangepas is om daar te leef. Ysbere sal nie in die Karoo oorleef nie, en die soetdoringboom sal maar sukkel by die Noordpool. Klimaatsveranderings gebeur gelukkig oor ’n lang tydperk en organismes kry oor baie generasies kans om daarby aan te pas. Dié wat nie kan aanpas nie, sal uitsterf, maar die res ontwikkel en verander saam met die omgewing.

Die natuur bly ’n wonderlike verskynsel.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Lewenswetenskappe: Blou pajamas en muskiete

Lewenswetenskappe: Predator of prooi? Die mierleeu se plek in die ekosisteem

 

The post Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo first appeared on LitNet.

The post Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 830

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>